So gaan probeer ons toe geelvis vang by Yellowfish Paradise – langs die Vaalrivier naby Vanderbijl. Omtrent 10 strops verloor met al die klippe daar – en niks gevang nie. Maar ons gee nie moed op nie….
So lyk dit by Yellow Fish Paradise
Lynette het heeldag net in die kar gesit want dit was taamlik koud buite
Gister vir Yanik & Tristan gevat na Dinokeng Fishing om te kyk of ons ‘n paar vissies kan vang. Ons het heeldag geprobeer en nie eers een byt gekry nie.
Vroegoggend met sonsopkoms toe slaan ons op – reg om groot visse te vang….
Heeldag gecast en tekere gegaan, maar vandag was dit nie vir ons beskore om selfs net ‘n byt te kry nie