




























Die mannetjie het 5 vissies gevang – klein, maar ‘n vis is en bly ‘n vis
Hy raak nie moedeloos nie. Selfs al is daar geen byt nie, hou hy goeie hoop. Ek dink hy gaan eendag ‘n baie goeie visserman wees. My job bly maar om die “support staff” te wees. Ek slaan die gazebo op; braai ietsie vir ontbyt en later weer vir middagete, en help dan maar waar ek kan.
‘n Goeie visserman het goeie support staff nodig…..amper soos die golfer en die caddy
Die hele dag daar uitgehang en gekyk hoe vang die mense om ons vis – die een na die ander. Ons was egter nie so gelukkig nie. Niks gevang nie – maar Yanik is nou selfs meer “eager” as ooit.