Ek is saam met my groot vrind Kwas (Eugene Quass) hier weg vir ‘n vinnige jagnaweek in Karasberge by my goeie weermagvriend Gunther von Schauroth
Ons maak vir ons brekfis net so voor ons oor die Namibiese grens gaanWat is padkos nou meer as net doodeenvoudig goeie koffie en brood met behoorlike botter? O ja – en moenie vergeet van die hardgekookte eiers nie…Gunther se kasteel op sy plaas Blinkoog in die Karasburg distrik
Ons drink eers ‘n bier voordat ons by Gunthie aankom
So lyk die wereld hier – Dis die Dorsland pappie!
Die huisie waarin ons bly – 5 manne die naweek!
Koffie vroegoggend
Ek en Gunther von Schauroth. Ons kom al saam van 1987 af! Saam in die SWA Gebiedsmag. Ek gaan nou saam met Kwas stap in die veld. Hy om te loop en jag, en ek om net te loop!
Boetie Bert skiet sy springbok.Springbok word gehangNog eenTielman en Boetie Bert agterop die bakkie. Gunthie se Nama doen die keelafslag en pens-uithaal werkBoetie Bert weet van skiet. Die man het al oor die 10 000 springbokke in sy lewe geskietPeet (Kwas se neef) is maar soos ek. Nie eintlik ‘n jagter nie. Maar laat hom ‘n storie vertel vanaand om die vuur! Jy lag jou vrek. Hier loop hy aan die linkerkant om die bakkieNog ‘n bokSo maak mens4 springbokke en 2 kudu’s – gereed om geslag te wordBoetie Bert weet hoe om ‘n pofadder te maak van die lewer, niertjies en hart. Dan braai ons hom sommer so onder die boomNou gaan ons braaiSo sit ons onder die boom! Hemels!So lyk die pofadder
So lyk dit hier in die gewesteDie klippe maak enige wiel pap. Die Nama ruil hom gou om!Vleis word bewerkVleis
Gunthie agter die lessenaarGunther en twee van sy drieling – Athos en Inge – in gesprek met KwasEk en Kwas het die laaste aand sommer gestap van Gunthie se huis af na ons plekkie toe – so 5 kilo’s. Hier sit ons en kyk hoe gaan die son onder in die KarasbergeEn toe ons terugry toe reën dit. ‘n Nat pad in Namibië bly maar net ‘n mooi ding
Lekker Jannie, mooi fotos. Voel jy weer mens?
Sjoe, hoe pragtig is dit!